‘n Kinderboek | a Children’s Book

‘n Tweetalige Verhaal vir Kinders | A Bilingual Story for Children
(en jonges van gees) | (and the young at heart)

Welkom by die wonderwêreld van Tando, die beroemdste tandmuis in Afrika. Dié Superman van dentale dinge vernietig vyande vinniger as wat Batman booswigte kan laat les opsê. En met meer bravade as Spiderman en ‘n groter hart as die aartsbiskop, staan sy stert vir g’n avontuur verkeerd nie. Hy’s mos ‘n muis met ‘n massiewe missie – beveg plaak met hand en tand, watookal dit verg!

In die wyse woorde van Tando: “Waarom sit met ‘n mond vol tande? Gee dit liewer vir Tando.”

Onlangs ‘n melktand verloor? Besig om een te wissel? Of ken jy iemand wat een gaan wissel?
Dan is hierdie pragtige kinderboek die perfekte geskenk, want hier maak ons kennis met Tando, die Tandmuis van Muizenberg – die muis wat enige melktand op enige plek sal kom haal. Terwyl kinders in droomland speel, sal die brawe muis vyande oorwin om hul tande te kom optel. Maar los asseblief tog vir hom ‘n lekker happie… Volg Tando se avonture, bewonder die uitgebreide illustrasies, leer wat hy met die tande doen en, net so belangrik, verstaan hoe belangrik dit is om na jou tande om te sien. 

Welcome to the wonderful world of Tando, the most famous tooth mouse in Africa. This Superman of dental dramas destroys enemies faster than Batman can battle the baddies. And with more bravery than Spiderman and a bigger heart than the archbishop, he will point his tail to any adventure. After all, he’s a mouse on a massive mission – combat plaque with tooth and nail, whatever it takes!

In the wise words of Tando: “May the tooth be with you. If not, may it be with Tando.”

Recently lost a milk tooth? Busy losing one? Or do you know someone that’s about to?
Then this beautiful children’s book is the perfect gift, because we get to know Tando, the Tooth Mouse of Muizenberg – the rodent that will fetch any tooth anywhere. While children are playing in dreamworld, the brave mouse will conquer enemies to pick up their teeth. But please leave him a nice tit-bit… Follow Tando’s adventures, admire the extensive illustrations, learn what he does with the teeth and, just as important, understand how important it is to look after your teeth. 

Advertisements